Disrupted Land is ’n dokumentêre film oor die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika.

Die film handel oor die kontroversiële geskiedenis van grond in Suid-Afrika en beskou dit as ’n kwessie wat ter wille van politieke voordeel deur politici en grondhervormingsaktiviste verdraai word. Dit ondersoek die vraag oor hoe wit boere grond in Suid-Afrika bekom het en ontbloot die uitgebreide mislukkings van die Suid-Afrikaanse regering se grondhervormingsinisiatiewe. Disrupted Land weerlê die bewering dat daar ’n grootskaalse honger vir grond onder landelike swart mense in Suid-Afrika is. Die film wys ook uit dat die situasie sal vererger as die regerende ANC en sy alliansievennote in hul poging sou slaag om privaat eiendom sonder vergoeding te onteien.

Die film is in samewerking met AfriForum deur Forum Films vervaardig.

Disrupted Land Dokumentêr

Kontak